Local newsNews

Leer ‘n Teiner Ken #106 – Fanie Smit

VIDEO: Die Herald ontmoet die 106e persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 2 April het die Herald vir Fanie Smit, die 106de persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in Greenhills ontmoet.

Dié 31-jarige besigheidsman het onlangs die Braai Stop in Kennethlaan geopen en sien daarna uit om die dorp ‘n beter plek te maak – een braai op ‘n slag. Hy het 12 jaar lank boerewors by die Boerewors Boys-stalletjie in dieselfde straat gebraai.

“My grootste passie in die lewe is besigheid, braai en reis,” het hy gesê. Hy het ook talle ander besighede aan die Wes-Rand.

Randfontein het deur die jare baie diep in sy hart gekruip. “Randfonteiners is liewe mense en dis ‘n baie lekker dorp,” het hy gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button