Local newsNews
Die Paashaas kuier binnekort in Vleikop
Op Saterdag, 20 April, gaan kinders die geleentheid kry om Paaseiers en Paashase te soek tydens die familiedag op plot 138 in Vleikop.
Ouers, grootouers en kinders word almal uitgenooi om Saterdag, 20 April, op plot 138 in Vleikop deur te bring.
‘n Groot familiedag propvol pret gaan om 9vm daar afskop. Volgens Karen Botha, organiseerder van dié familiedag, gaan daar stalletjies, vermaak en aktiwiteite vir die hele familie wees.
“Kinders is vir ons ‘n groot prioriteit daarom kan ma en pa ‘n bietjie agteroor sit terwyl die kinders ‘n lekker ontbyt geniet en dan uitgaan om Paaseiers en Paashase oral op die plot te soek,” het sy gesê.
Daar gaan verskeie sangers optree en heerlike kos sal te koop wees.
Skakel Karen by 079 260 1957 vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



