MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Condorrylaan is lewensgevaarlik

Pastoor Edward van Schalkwyk, 'n inwoner van Ten Acres, het gesê dat die slaggate in al die paaie na die plotte lewensgevaarlik is.

Pastoor Edward van Schalkwyk, ‘n inwoner van Ten Acres, het gesê dat die slaggate in al die paaie na die plotte lewensgevaarlik is.

Sy grootste bekommernis is Condorrylaan, maar volgens hom is die R559, wat ‘n alternatiewe pad na die plotte toe is, ook vol slaggate.

“Ek gebruik die pad minstens vier keer ‘n dag en die afgelope twee maande moes ek ses bande vervang as gevolg van die slaggate,” het hy gesê.

“Die gate word met sand gevul, maar die reën spoel dit weer oop. Daar is nie een pad tussen Ten Acres en Randfontein wat nie slaggate het nie. Ek sidder om te dink wat in ‘n noodgeval sal gebeur, want dit gaan nooddienste langer neem om by ons uit te kom.”

Pastoor Edward van Schalkwyk, ‘n inwoner van Ten Acres, het gesê dat die slaggate in al die paaie na die plotte lewensgevaarlik is. Foto: Jaco-Mar Futcher

Edward het gesê dat dit onaanvaarbaar is dat die dorp se paaie so onrybaar is. “Dit het die punt bereik waar dit mense se lewens in gevaar stel,” het hy bygevoeg.

Rina Viljoen, ‘n inwoner van Randfontein wat gereeld Condorrylaan gebruik, het gesê dat sy ‘n week gelede gesien het hoe drie Westcol-studente slaggate in dié pad gevul het.

“Baie dankie, Casey Mathebula, Wisani Chabalala en Tiyiselani Mashabela dat julle die moeite gedoen het,” het sy gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button