Local newsNews

Groot bederfdag vir bejaardes

Talle bejaardes van Randpoort Tuiste is kort voor die Paasnaweek met 'n heerlike ete, komberse en speletjies bederf.

Randpoort Tuiste se bejaardes is onlangs by Fantasy Farmyard in Wilbotsdal bederf.

Nicolene Hörnemann, Mev Liefdadigheid Randfontein 2018, het dié bederfdag gereël terwyl Ziskia Geldenhuys, Mev Randfontein 2018 Eerste Prinses ook hand bygesit het. Reinette Herbst, Mev Afrika 2018 het ‘n spesiale boodskap vir die bejaardes gehad. Die groente wat Nicolene ingesamel het en die boeke wat Reinette bymekaar gemaak het, is aan die bejaardes oorhandig.

Marie Jansen het die bederfdag terdeë geniet. Foto: Jaco-Mari Futcher

Fantasy Farmyard het tafels mooi gedek en die bejaardes met ‘n bussie aangery. Die gaste het ‘n heerlike ete geniet en lekker speletjies gespeel. Die hoogtepunt was toe Nicolene vir elke persoon ‘n sagte kombers vir die winter uitgedeel het.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button