Local newsNews
Eienaars pronk met hul honde tydens winkelopening
Honde en hul eienaars het die afgelope naweek saam die opening van die My Family Dog Food-winkel in die nuwe Deen Winkelsentrum geniet.
‘n Hondekompetisie was die groot trekpleister tydens die opening van die My Family Dog Food-winkel in die nuwe Deen Winkelsentrum op Saterdag, 27 April.

Tydens die opening het talle hul hondekinders saamgebring om aan die kompetisie deel te neem. Al die honde, groot en klein, het die gehoor se harte gesteel.

Volgens Godfrey Jacobsen, een van die ses eienaars van die My Family Dog Food-fabriek in Randfontein, is dit hul heel eerste winkel in Suid-Afrika. Hulle versprei ook hul produkte deur kettingwinkels.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



