Fondsinsameling bewaarheid kinders se seedrome
‘n Groep minderbevoorregte kinders gaan vir die eerste keer die see sien danksy ‘n fondsinsameling by Fantasy Farmyard in Wilbotsdal.
‘n Totaal van 22 minderbevoorregte kinders van Randfontein gaan vir die heel eerste keer by die see vakansie hou danksy ‘n fondsinsameling by Fantasy Farmyard in Wilbotsdal op Vrydag, 26 April.
Daar is nagenoeg R20 000 ingesamel.
Volgens pastoor Riaan Schmulling van die Maranatha Aanbiddingsentrum is die kinders tussen 12 en 16 jaar oud in Randfontein geïdentifiseer en gaan hulle van 21 tot 30 September Suidkus toe geneem word vir ‘n vakansie.



Phiasje en Ockert Esterhuizen op die dansvloer by Fantasy Farmyard. Foto: Jaco-Mari Futcher

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



