Hawe vir mishandelde kinders het jou hulp nodig
'n Mej Randfontein Junior 2019-finalis kort die dorp se hulp om lekkende dak by Door of Care and Safety te herstel.
Shyla Nordin, 9, ‘n Mej Randfontein Junior 2019-finalis wil graag help om die kinders by Door of Care and Safety se lewensomstandighede te verbeter.
Ramona van der Heever, een van die stigters van Door of Care and Safety het vir die Herald gesê sy is baie bekommerd oor hul lekkende dak, maar volgens Jo-Anne Ferreira, Shyla se ma, is hulle van plan om al die lekke in die huis se dak reg te maak.

“Ongelukkig het ons borge nodig om ons te help. Ons kan dit nie alleen doen nie,” het Jo-Anne gesê.
Door of Care and Safety is ‘n plek van veiligheid vir kinders wat geen ander heenkome het nie. Hulle is afhanklik van donasies en het nie die fondse om die dak self reg te maak nie. In die kombuis het die plafon al effens ingesak weens die waterskade.
“My hart raak so seer as dit begin reën, want dan weet ek Ramona moet emmers in die kombuis en in ander vertrekke sit om die reënwater op te vang. Ek en Shyla will graag fondse of die al die benodigdhede insamel sodat ons hul dak binne die volgende maand kan laat herstel,” het Jo-Anne bygevoeg.




