Local newsNews

#IMadeMyMark: Matrieks stem vir die eerste keer

Randfontein-matrieks praat oor hul heel eerste stemdag.

Daar is vanjaar baie jongmense wat vir die heel eerste keer hul kruisie tydens die verkiesing gaan trek.

Die Herald het by matrieks van Riebeeckrand en Jan Viljoen gaan hoor hoekom hulle gaan stem. Daar is groot opwinding oor die verkiesing en dit is duidelik dat jongmense baie gretig is om te stem.

Janéll Rossouw gaan vanjaar haar kruisie trek, want sy glo dat dit ‘n groot verskil sal maak as elke Suid-Afrikaner stem.

“Ek gaan vir die eerste keer stem en ek is baie opgewonde daaroor, want ek is baie trots op die land. Ek wil graag deel wees van die verkiesing om ons land ‘n beter plek te maak,” het Minette Biggs gesê.

Minette Biggs van Riebeeckrand.

Maryke Biggs sien ook baie uit na 8 Mei.

“Ek voel deur te stem het ek ‘n sê oor wat in hierdie land gebeur. Ek kan uiteindelik deel wees van die besluite wat in die land geneem word en ons kan saam ‘n beter Suid-Afrika bou.”

Ek is baie opgewonde om te stem, want ek glo die verandering lê in die jeug se stemme,” het Ziaan Sechel gesê.

Ernest da Silva wil ook graag sy kruisie vir dié land en die toekoms daarvan trek.

Maryke Biggs van Riebeeckrand.

Enrique Pretorius glo dat elke stem ‘n verskil maak en is daarom baie opgewonde oor die verkiesing.

“Jy moet jou kant bring as jy ‘n verskil wil sien. Deur jou kruisie te trek, kan jy jou opinie gee. Ek wil alle jongmense uitdaag om vanjaar te stem,” het Enrique bygevoeg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button