Local newsNews
Die Mnr en Mej Connies-kompetisie is op die horison
Op Saterdagaand, 8 Junie, gaan die Connie Mulder Sentum hulle jaarlikse Meneer en Mej Connies-kompetisie hou.
Die Connie Mulder Sentrum se inwoners en personeel is baie opgewonde oor vanjaar se Mnr en Mej Connies-kompetisie.
Dié sentrum vir gestremdes se Mnr en Mej Connies 2019 gaan op Saterdag, 8 Junie by die sentrum in Wilbotsdal se Bea Botha Saal plaasvind. Die affêre is altyd ‘n treffer.
Vanjaar se tema is Alice in Wonderland en dit beloof om ‘n heerlike aand vir deelnemers en toeskouers te wees.
Die toegang beloop R100 per persoon en dit sluit heerlike kerrie-en-rys in. Daar sal lekker warm koffie en tee ook wees.
Skakel 011 278 9904/5/6 vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



