Local newsNews
Mnr R’fontein-finaliste skenk sakke vol klere
Keagan Bush, Mnr Randfontein Junior 2019-finalis en sy broer, Victor, Mnr Randfontein 2019-finalis, het onlangs twee sakke vol klere aan Adonia Angels geskenk.
Sonder skenkings kan liefdadigheidsorganisasies nie hul werk doen nie.
Daarom het twee Mnr Randfontein 2019-finaliste na Adonia Angels uitgereik deur ‘n groot skenking te oorhandig.
Keagan Bush, Mnr Randfontein Junior 2019-finalis, en sy broer, Victor, Mnr Randfontein 2019-finalis, het op 23 Mei twee sakke vol klere aan dié organisasie geskenk.
Volgens Corrie van Loggerenberg, stigter van Adonia Angels, is hulle baie dankbaar teenoor mense in die gemeenskap wat na die organisasie uitreik.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



