#WysheidWoensdag: Die pyn en die vreugdes van die Comrades
KYK: Randfontein-atleet vertel hoe moeilik vanjaar se op-wedloop gaan wees en wat atlete by die Comrades 2019 te wagte kan wees.
Vir dié week se aflewering van #WysheidWoensdag het die Herald met Daniel Willemse gesels oor die Comrades Marathon wat eerskomende Sondag, 9 Junie plaasvind.
Vanjaar is dit die sogenaamde op-wedloop wat reeds om 5.30vm by die Durbanse Stadsaal begin en by Scottsville-perderenbaan in Pietermaritzburg eindig – ‘n afstand van nagenoeg 87km.
Daniel is die hoogste gekeurde Randmark-atleet wat vanjaar aan die wedloop deelneem. Hy was verlede jaar onder die klub se Top 5-atlete en het toe die Comrades in minder as 10 uur afgelê, wat aan hom ‘n bronsmedalje besorg het.
Hy het vertel van die pyn en die vreugde wat met die Comrades gepaard gaan, hoe moeilik vanjaar se op-wedloop gaan wees, wat atlete te wagte kan wees, asook wat hy glo sy kanse behoort te wees in wat beskou word as die moeilikste wedloop op aarde.
Besoek die amptelike Comrades Marathon-webwerf vir meer inligting.




