Local newsNews
Mnr en Mej Connies kry vandag hul krone
Vandag, 8 Junie, gaan die Connie Mulder Sentum hulle jaarlikse Meneer en Mej Connies-kompetisie hou.
Die 2019 Mnr en Mej Connies-kompetisie het uiteindelik aangebreek.
Dié jaarlikse kompetisie is baie gewild en die inwoners en personeel van die Connie Mulder Sentrum in WIlbotsdal sien baie uit na vanjaar s’n wat vandag, 8 Junie, plaasvind.
Die spoggerige affêre gaan om 6.30nm by die sentrum se Bea Botha Saal afskop en die tema is Alice in Wonderland.
Dit beloof om ‘n heerlike aand vir deelnemers en toeskouers te wees. Moet dit dus nie misloop nie. Skakel gerus 011 278 9904/ 5/ 6 vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



