Mnr, Mej en Mev R’fontein 2019 word vandag gekroon!
Vandag gaan die junior en senior finaliste tydens die Mnr/ Mej/ Mev Randfontein 2019 Gala-funksie hoor wie in elke kategorie die kroon huis toe gaan neem.
Die afgelope paar maande het seuns, meisies, mans en vroue van Randfontein hard gewerk om vir die dorp en die beoordelaars van Randfontein Pageants te wys wat in hulle steek.
Vandag, Saterdag, 8 Junie, gaan die junior en senior finaliste tydens die Mnr/ Mej/ Mev Randfontein 2019 Gala-funksie hoor wie in elke kategorie die kroon huis toe gaan neem.
Dié kroningseremonie is jaarliks ‘n spoggerige geleentheid waar Randfonteiners hulself terdeë kan geniet. Dié jaar gaan dit by Bundu Inn in Randfontien plaasvind.
Vanjaar gaan die juniors se kroning eerste van 9vm tot 1nm plaasvind, en die seniors se kroning sal van 5nm tot 10nm plaasvind.
Daar is ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar, maak dus seker dat jy betyds jou plek vir een of albei van die funksies by Janine Ferraira by 071 536 5747 of by Alicia Mienie by 078 045 7277 bespreek.




