Local newsNews

Leer ‘n Teiner Ken #117 – Hannelie White

Die Herald ontmoet die 117de persoon in die gewilde #Leer 'n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 18 Junie het die Herald vir Hannelie White, die 117de persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in Helikonpark ontmoet.

Hannelie, oorspronklik van Vanderbijlpark, het drie jaar gelede Randfontein toe getrek. Dié 40-jarige se passie is om kinders te help deur middel van speelterapie en berading, en sy het ‘n hele lys kwalifikasies daarvoor.

“Ek is ‘n geregistreerde berader by Hanna’s Child Counselling. Ek het aanvanklik ‘n BCom-graad behaal, maar eers toe my derde kind op 29 weke met serebrale gestremdheid gebore is, het ek ontdek dat ek ‘n passie het om met kinders te werk,” het sy gesê.

Hannelie het vyf kinders. Een het ‘n serebrale gestremdheid, twee het aandagafleibaarheidsprobleme en twee ly aan depressie.

“Ek werk tans saam met ‘n kleuterskool waar ek kinders tussen twee en ses deur speelterapie help. Daar is soveel kinders met probleme wat met die regte behandeling sonder medikasie normaal kan leef.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button