Local newsNews
Vleikop-man vermis
Rocky Mestre se familie is baie bekommerd oor hom aangesien hy drie dae laas gesien is.
Die 39-jarige Rocky Mestre van Vleikop is al sedert 17 Junie vermis.
Volgens sy vrou, Martie, is Rocky daardie Maandagaand laas omstreeks 6nm by ‘n supermark gesien.
“Hy het ‘n groen T-hemp, ‘n denimbroek en tekkies aangehad,” het sy gesê.
Also Read:
‘Missing girl’ report sends police, others on wild goose chase
Sy het Woensdag, 19 Junie vir Rocky as vermis by die polisie aangemeld.
“Sy selfoon is af en ons het nog niks van hom gehoor nie,” het sy bygevoeg.
Enige iemand met inligting oor Rocky kan vir Martie kontak by 072 727 9833.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



