Local newsNews

#ThrowbackThursday – 26 Junie 1987

Die Herald gaan ver terug na 26 Junie 1987 vir hierdie week se #ThrowbackThursday.

Dis #ThrowbackThursday en die Herald kyk vandag na die nuusgebeure waaroor daar in sy 26 Junie 1987-uitgawe berig is.

In dié uitgawe is daar berig dat Laerskool Randfontein (Ram) hul 50ste bestaansjaar gevier het.

Die Herald het by Steve Greyvenstein, waarnemende adjunkhoof, gaan kuier om ‘n bietjie meer uit te vind oor Ram se geskiedenis.

“Ram se werksaamhede het op 3 Augustus 1937 begin en dit was die heel eerste Afrikaanse laerskool in Randfontein. Die skool het met ‘n hele paar leerders begin, maar ons spog nou met nagenoeg 1 400 leerders in Ram en Ramkriekies Kleuterskool,” het hy gesê.

Ander interessante opskrifte in dié uitgawe:

Dorina Scheepers finished first in the Starter Freestyle Solo at a local dance competition.
Suid-Afrika se bekende kaalvoetatleet, Zola Budd, het in Randfontein aangesterk na behandeling vir heupprobleme.
Madelaine van der Merwe, Patricia Cave, Hazel McGaw, Sheila Sanders and Hazel Vaughan were among the finalists in the Businesswoman of the Year competition.
Daar het ‘n brand uitgebreek by Randfontein Kentucky Fried Chicken. ‘n Gaspyp was die oorsaak daarvan en dit het groot skade aangerig.
Randfontein Voortrekkers het die eer gehad om aan twee van hul lede, Bertus van Niekerk en Phillip Joubert, die Hoofleierswag-toekenning te gee.
In dié uitgawe is daar berig dat Laerskool Randfontein (Ram) hul 50ste bestaansjaar gevier het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button