Local newsNews

Einde van laerskole se parkeerprobleme in sig?

AfriForum en die stadsraad het hande gevat om die padtekens en toestand van sypaadjies rondom Randfontein se laerskole op te gradeer vir die leerders se veiligheid.

AfriForum se Randfontein-tak en die stadsraad het hande gevat om die padtekens en toestand van die sypaadjies rondom Randfontein se laerskole op te gradeer.\

Volgens Matiam van Vuuren, die voorsitter van dié AfriForum-tak, was die parkeerareas by laerskole in die omgewing ‘n gevaarsone vir leerders.

Die leerders se ouers parkeer net waar hulle wil. Daar is nie sigbare padtekens nie, daarom parkeer baie ouers mekaar vas, parkeer voor hekke of parkeer sommer op die voetoorgang. Dit is net ‘n kwessie van tyd voor ‘n leerder in dié chaos raakgery word,” het hy gesê.

Hy het die stadsraad genader en op 26 Junie het hulle saam begin om bome rondom Laerskool Rapportryer te snoei en om padtekens oor te verf. Hul hoofdoel was om die sigbaarheid van die padtekens te verbeter.

“Die stadsraad se probleem is dat hulle nie hulpbronne het nie. Ons het besluit om verf en sae te gee sodat ons dit saam kan doen. Sonder duidelike padtekens kan die Verkeersdepartement nie boetes uitskryf nie, maar nou gaan ouers aanspreeklik gehou kan word vir die manier waarop hulle by die skool parkeer. Dit gaan ‘n groot verskil maak, want ouers gaan leer om die padreëls te volg.”

Matiam het gesê dat Laerskool Randfontein, Avanté Primary School, Randfontein Primary School en West Gold Primary School volgende op hul lys is.

“Ons wil kinders beveilig, maar dit is jammer dat die gemeenskap nie betrokke raak nie. Saam kan ons Randfontein weer ‘n dorp maak om op trots te wees.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button