Local newsNews

Leer ‘n Teiner Ken #119 – Grace Harmse

Die Herald ontmoet die 119de persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 2 Julie het die Herald vir Grace Harmse, die 119de persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in Helikonpark ontmoet.

Die 30-jarige is oorspronklik van die Noordwes provinsie, maar noem Randfontein al baie lank haar huis. Sy woon tans op die Bootha Plotte in Randgate.

“Ek is die mamma van drie pragtige kinders – twee dogters en ‘n seun,” het sy gesê.

Buiten mawees is haarkappery haar grootste passie en sy werk by Stilista Haar- en Skoonheidsalon.

“Ek geniet my werk by die salon baie, want dit is my passie om met hare te werk. Ek werk baie lekker saam met die ander vroue by die salon.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button