Local newsNews

Mej Randfontein reik uit na karwagte, haweloses

Jessica-Ann Pretorius, Mej Randfontein het op Woensdag, 3 Julie, seker gemaak dat elke hawelose persoon en karwag wat in Randgate in die koue moes werk, 'n warm maaltyd gehad het.

Jessica-Ann Pretorius, Mej Randfontein het besluit om eergister (3 Julie) Uniestraat in te vaar en vir elke honger persoon ‘n koppie warm sop en ‘n paar snye brood te gee.

Jessica-Ann Pretorius, Mej Randfontein het vir Danny Halledd, ‘n karwag, ‘n koppie warm sop en ‘n paar snye brood gegee omdat hy in die koue moes werk. Foto: Jaco-Mari Futcher.

“My doel is om eenkeer ‘n week kos uit te deel, veral vir die haweloses. ‘n Mens kan ‘n baie groot verskil in iemand anders se lewe maak deur selfs net eenmaal ‘n week vir daardie persoon kos gee,” het sy gesê.

Christelle Vosloo, Mej Krugersdorp 2019-finalis, het op Woensdag, 3 Julie, sop en brood in Randgate uitgedeel. Foto: Ingestuur.

Jessica-Ann en Christelle Vosloo, ‘n Mej Krugersdorp 2019-finalis, gaan elke Woensdag daar kos uitdeel.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button