Local newsNews

Heel eerste Vleisfees om die draai!

Die Nederduitsch Hervormde Kerk Sionspoort se heel eerste Vleisfees beloof of 'n egte boere-ervaring te wees.

Die Nederduitsch Hervormde Kerk Sionspoort bied op Saterdag, 3 Augustus die heel eerste Vleisfees aan.

Die Vleisfees, wat om 10vm by Tuinhekkie gaan afskop, beloof om ‘n egte boere-ervaring te wees.

Kunstenaars soos Ampie, Tanya V, Kosie Beukes, Evert Swart, Die Ventertjies en Anton Botha gaan vir ure se vermaak sorg. Daar gaan ook lekker boeresport soos sweepslaan, kettieskiet, volkspele en toutrek wees vir die hele gesin om te geniet.

Daar gaan ook gewys word hoe koeie gemelk en skape geskeer word.

Na al die opwinding van die boeresport kan R’fonteiners gerus deur die verskeidenheid stalletjies beweeg of aan boerekos smul.

Vir meer inligting, skakel gerus 082 364 8576 of stuur ‘n epos na bestel@sionspoortvleis.org.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button