Local newsNews

Herald-joernalis sê totsiens

Die Herald sê totsiens vir Jaco-Mari.

Randfontein, jy was goed vir my.

Dis met ‘n baie seer hart dat ek nou afskeid neem van die Herald se lesers. ‘n Geleentheid het oor my pad gekom wat ek nie deur my vingers kon laat glip nie en daarom groet ek die Herald vandag.

Ek het die afgelope jaar soveel interessante mense ontmoet en vriendskappe gesmee wat ek vir ewig sal koester. Dankie Randfontein, dat julle jul harte vir my oopgemaak het en julle stories met my gedeel het. Soms was dit vrolik en soms was dit baie moeilik, maar ek hoop dat ek vir julle ‘n stem kon gee wanneer julle dit die nodigste gehad het.

Ek het baie by julle geleer en ek is so dankbaar vir die geleentheid om vir die Herald te kon skryf.

Totsiens, Randfontein!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button