Local newsNews

Groot planne vir Riebeeckmeer

Keagan en Victor Bush, tweede prinse in onderskeidelik die Mr Randfontein 10–13- en Mr Randfontein 14–17-kompetisie, is van plan om die Riebeeckmeer tot sy volle glorie te herstel.

Twee jong Randfonteiners het die gemeenskap se hulp nodig om die Riebeeckmeer weer tot sy volle glorie te herstel.

Keagan en Victor Bush, tweede prinse in onderskeidelik die Mr Randfontein 10–13- en Mr Randfontein 14–17-kompetisie, het gevoel dat hulle vir hierdie terrein, wat eens op ‘n tyd ‘n uitspanplek vir die hele gesin was, ‘n nuwe baadjie wil aantrek.

Keagan en Victor Bush, tweede prinse in onderskeidelik die Mr Randfontein 10–13- en Mr Randfontein 14–17-kompetisie, is van plan om die Riebeeckmeer tot sy volle glorie te herstel. Foto: Jaco-Mari Futcher.

Hulle het gesê dat hulle die munisipaliteit gaan nader sodat hulle die projek saam kan aanpak. As deel van die projek gaan hulle al die gras sny en die bosse verwyder, die stukkende vensters regmaak, en die trein wat voorheen ‘n restaurant was, asook die glybaan en die klimrame oorverf en netjies maak.

“Ons gaan baie hulp nodig hê, maar ons glo ons sal dit kan doen,” het Keagan bygevoeg.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button