Local newsNews

Drie sportsoorte aan die groei by Hoërskool Westonaria

Hoërskool Westonaria is in die wolke nadat hul landloop-, en van hul rugby- en netbalspanne goed presteer het.

Landloop, rugby en netbal is aan die groei by Hoërskool Westonaria.

Volgens hul adjunkhoof, Derik Jonker, het die hele landloopspan sertifikate verower tydens ‘n byeenkoms wat onlangs by Hoërskool Bekker gehou is.

“Dit gebeur selde dat almal ‘n sertifikaat loshardloop en dit is voorwaar ‘n groot prestasie.”

Wat rugby aanbetref het die skool se o.15-rugbyspan deurgedring na die halfeindstryd van die nuwe Twizza-reeks en die skool se o.15- en o.19-netbalspan het ook die halfeindrondte van dieselfde reeks gehaal.

“Sport by Hoërskool Westonaria is besig om al hoe beter te word danksy toegewyde onderwysers soos Jan Swanepoel (rugby), Riaana Pistorius en Petru Minnie (netbal).

“Ons is baie trots op al die atlete, rugby- en netbalspelers asook hul afrigters.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button