Criske Hechter, matriekleerder van Hoërskool Riebeeckrand.
Dis #ThrowbackThursday en die Herald het teruggekyk oor die nuusgebeure in die 28 Augustus 1987-uitgawe.
In dié uitgawe het die Herald berig dat die matrieks min dae in hul skoolloopbaan oor het. Dit was toe bekend as ‘Forty Days’.
Ander interessante opskrifte in dié uitgawe:
Ds A Horn van die NG Kerk, Randfontein Noord, het Sondag sy 60ste verjaarsdag gevier met ‘n onthaal na die diens in die kerksaal. Ook vanaf HERALD se kant, ons hartelike gelukwense en ‘n wens om Gods rykste seën vir die toekoms.
Huis van die week is: ‘n Drieslaapkamer huis met sitkamer, eetkamer, TV-kamer, twee badkamers en kombuis met ‘n oogvlakoond. Het een motorhuis en betonomheining. R79 600. Skakel Judi of Jan Meyer by 693-1104-Entin.
Vol-erekleure ontvangers van Goudrand: (Voor) Adéle Hefer (Meriete), Dorothy Miller (Netbal), en Rudi van Staden (Skaak). (Agter) Elzabe Pieterse (Netbal), Werner van Zyl (Rugby en atletiek) en Stephan Botha (Atletiek).
RAM se dienende hoof, mnr Craus, het hom goed van sy taak gekwyt om die 50-jarige bestaansvieringe van die skool ‘n geleentheid te maak om te onthou.
Die nuutgerestoureerde Mijnkommissarisgebou in Kocksoord wat nou as ‘n museum, biblioteek en gemeenskapsaal sal dien.
Half-erekleure ontvangers van Goudrand Hoërskool: (Voor) Dorothy Miller (Atletiek), Adéle Hefer (Kultuur en Netbal), Sandra Uys (Meriete), Carol Louw (Meriete) en Adine Landman (Meriete). (Middel) Wilna Gouws (Meriete), Annalise Pretorious (Kultuur), Tryna O’Connell (Netbal), Esios Bootha (Meriete), Rudi van Staden (Meriete, kultuur en skaak) en Gertjie van Deventer (Meriete) (Agter) Sanna de Beer (Netbal), Marthinus van Zyl (Meriete), Rudolph Conradie (Meriete), Werner van Zyl (Meriete en Hokkie), Danie Marais (Rugby) en Stephan Botha (Rugby en Skyfskiet).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!