Local newsNews
Veels geluk liewe Dierehospitaal …
Die Randfontein Dierehospitaal-span bedank graag die hele gemeenskap vir 40 jaar se ondersteuning.
Die Randfontein Dierehospitaal in Randgate het op Maandag, 28 Oktober hul 40e verjaarsdag met ballonne op die hek gevier.
Die Dierehospitaal-span het die gemeenskap behoorlik bederf met onder andere roomys, yskoue water asook groot glimlagte. Daar was boonop ‘n spesiale aanbod van 10 persent afslag op alle inentings.

Die mense van VetsBrands het ook ‘n draai kom maak. Hulle het van hul produkte uitgestal en Dierehospitaal-kliënte kon daarvan huis toe neem om te toets.
Die Randfontein Dierehospitaal-span bedank graag die hele gemeenskap vir 40 jaar se ondersteuning.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



