Local newsNews

Egpaar gee terug aan die gemeenskap

Monica en Craige Lancellas help die gemeenskap deur hul liefdadigheidswinkel.

Craige en Monica Lancellas het ‘n behoefte in Randfontein gesien en daarop gereageer deur Multi Charity Randfontein te begin.

Mense kan klere en enige ander huisbenodighede aan hierdie niewinsgewende winkel skenk, wat dit dan weer aan die publiek verkoop.

Die geld wat die winkel inbring, word dan gebruik om in die gemeenskap se behoeftes te voorsien.

Die egpaar is twee wonderlike mense wat hierdie projek aan die gang hou sonder enige ander finansiële hulp benewens die geld wat die skenkings inbring.

“Ons gebruik die fondse om kos te koop, maak kospakkies op en neem dit na mense in die gemeenskap wat dit nodig het.

“Dié jaar beplan ons om ‘n Kerspartytjie te reël,” het Monica verduidelik.

Hiervoor het hulle egter die hulp van die publiek nodig. Hulle verwag dat omtrent 40 kinders die Kerspartytjie gaan bywoon en sal dit opreg waardeer as die gemeenskap sal inspring en help waar hulle kan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button