Local newsNews

Randgate-huis spog met feesliggies

Eric en Wyntjie Britz se Randgate-huis skitter vir die feesseisoen.

Die Britz-gesin van Randgate versier al vir die afgelope agt jaar hul huis met feesliggies.

Volgens Eric en Wyntjie Britz het hy, sy vrou en hul kinders al in November begin die liggies opsit.

Ons klim baie leer en word daar baie werk ingesit,” het Eric gelag.

Daar brand honderde kersliggies oor Desember by hierdie huis in Randgate.

“Ons doen dit vir die vreugde van die feesseisoen. Ons grootste plesier in die lewe is ook om die kinders se gesiggies te sien as hulle na die liggies kom kyk.”

Wyntjie en Eric vra nie ‘n ingangsfooi vir die gemeenskap om na die liggies te kom kyk nie, want dit gaan volgens hulle oor die gemeenskap om tyd saam te spandeer. En nadat die kinders klaar na die skitterende liggies gekyk het, kan hulle aan lekker suigstokkies smul wat uitgedeel word. Volgens Eric en Wyntjie is dit om dankie te sê vir die ondersteuning.

Daar brand honderde kersliggies oor Desember by hierdie huis in Randgate.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button