Zaheerah Chiboo lyk te fraai op die eerste dag van haar grootskoolloopbaan.
Die nuwe groep Graad 1’s van Laerskool Rapportryer kon nie wag vir die eerste skooldag op Dinsdag, 14 Januarie nie.
Met hul tassies in die hand het die nuwe generasie tog te fraai gelyk.
Soos verlede jaar is die Graad 1’s van 2020 en hul ouers genooi om die skool en onderwysers ‘n dag voor die skool begin te leer ken sodat die eerste amptelike skooldag op 15 Januarie nie so ‘n groot skok is nie en hulle nie deur die teenwoordigheid van die ouer kinders geïntimideer word nie.
Khloe Strydom is reg vir Graad 1.
Jaco en Wilna Reid saam met Mariahnè wat Graad 1 toe gaan, en haar sussie Louhanè.
Leon Jansen van Rensburg saam met Leandri, Tihan en Neill Barnard.
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.