Local newsNews

Kerk in Randgate reik uit na gemeenskap

Die NG Kerk Randpoort doen sy deel vir die gemeenskap.

Die NG Kerk Randpoort in Randgate help al vir ‘n paar jaar die gemeenskap waar hulle kan.

Volgens Hannetjie Marx van die kerkkantoor, het hulle het onlangs begin om klere te verkoop waar hulle dan die wins gebruik om nie-bederfbare produkte aan te koop wat gebruik word om kospakkies te maak.

Almal is meer as welkom om skenkings te maak om die kerk te help met hierdie goeie doel. Foto: Michelle Roodt.

“Ons probeer nuwe maniere kry om die gemeenskap te help want ons sien hoe swaar mense kry deesdae,” het sy gesê.

Hannetjie sê enigiemand is welkom om skenkings te maak by die NG Kerk Randpoort tussen 8vm en 1nm van Maandag to Vrydag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button