Local newsNews
Gemeente se kosskema bring uitkoms vir behoeftiges
'Daar is baie swaarkry in die gemeenskap.'
Lidmate van die NG Kerk Randpoort in Randgate gaan uit hul pad om behoeftiges in die gemeenskap te help deur gereeld kospakkies aan hulle uit te deel.
Deur hul kosskema gee hulle vir nagenoeg 40 gesinne per maand kos. Hulle deel die kos elke Maandag uit.

Maandae-oggende begin met ‘n verwelkoming waarna daar dan uit die Bybel voorgelees word.
Die kospakkies word dan uitgedeel, wat bestaan uit tuisgemaakte kos asook niebederfbare produkte waarmee die ontvangers tuis kos vir hulle gesinne kan maak.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



