Local newsNews

Melktandjies besoek Hillside Care Centre vir Valentynsdag

Leerders bederf die inwoners van Hillside Care Centre.

Kleuters van Melktandjies was Kupido vir ‘n dag toe hulle die bejaardes van die Hillside Care Centre op Valentynsdag bederf het.

Die leerders het beslis die seniors se dag gemaak toe hulle boeke asook sjokolade vir hulle uitgedeel het.

Tannie Ans Geyser saam met Angela Malwetsi.
Foto: Michelle Roodt

Die Melktandjies-leerdertjies het ook vir hulle ‘n liedjie gesing en die inwoners het dit regtig waardeer. Daar is natuurlik tonne drukkies vir die inwoners uitgedeel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button