CrimeNews

22-jarige man se liggaam naby Donaldson dam gevind

'n Persoon met 'n sagte en omgee hart, altyd in almal se harte.

Familie het die 22-jarige man van Randpoort wat verlede Donderdag, 13 Februarie doodgeskiet is, as Sachin Spanenberg geïdentifiseer.

Sersant Linkie Lefakane, die Bekkersdal Polisie-woordvoerder het bevestig dat hulle ‘n saak van moord ondersoek. Sy liggaam is naby Donaldson Dam gevind.

Sachin Spanenberg, Shaun Spanenberg, Chantell van der Merwe en Tobie Spanenberg in gelukkiger tye. Foto ingestuur.

Volgens familie sal Spanenberg altyd onthou word as ‘n omgeemens, vir sy glimlag en al die grappies wat hy daagliks vertel het.

Lees ook:

Second body found floating in local dam

“Hy sou self swaarkry in plaas daarvan om te sien hoe ander swaarkry. Hy was lief vir rugby en ‘n massiewe Lions-ondersteuner, en natuurlik mal oor visvang,” het Tobie Spanenberg, Sachin se pa gesê.

Sy begrafnisdiens is op Maandag, 24 Februarie in Krugersdorp gehou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button