Local newsNews

Castaways benodig skenkings vir afsonderingstydperk

Castaways vra vir donasies gedurende landswye afsonderingstydperk.

Castaways Animal Sanctuary in Wilbotsdal se deure sal ook oop bly ten spyte van die landswye afsonderingstydperk vanaf middernag om 26 Maart.

“Ons is ‘n noodsaaklike diens en sal op weeksdae van 8vm tot 5nm oop wees,” het Louisa Rossouw, eienaar van Castaways Animal Sanctuary gesĂȘ.

Volgens Louisa sal die bestuurder asook drie van hul werkers op die perseel bly om na die diere om te sien.

“Ons benodig dringend honde- en katkos asook katsand, want ons voorraad gaan nie genoeg wees vir die afsonderingstydperk nie,” het sy vertel.

Die Castaways Animal Sanctuary benodig ook Dettol, Jik, Pine Jel of enige ander middel wat infeksies sal verhoed.

Cataways Animal Sanctuary kan geskakel word by 072 812 3333.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button