Local newsNews

Kolwyntjies vir Just in Time Baby Sanctuary

Kolwyntjies om vir Just in Time Baby Sanctuary te help.

Marise Perold en haar seun Jadian Jordaan, ‘n finalis in die Mnr Randfontein 2020-kompetisie help vir Just in Time Baby Sanctuary deur Cupcake-funksies te reël. Die opbrengs gaan direk aan Just in Time.

Marise, die eienaar van Pixies Cupcakes het vertel dat Georgina Caetano, die stigter van Just in Time haar verlede jaar gekontak het en gevra het of sy kolwyntjies (cupcakes) vir twee van die kinders se verjaarsdae kon voorsien.

“Van toe af bak ek die kinders se verjaarsdagkoeke en kolwyntjies as ‘n borg.”

Al die kinders lê Marise na aan die hart, en sy probeer om elkeen van hulle se verjaarsdag spesiaal te maak.

Jadian Jordaan en Marise Perold by ‘n paar kolwyntjies. Foto: Michelle Roodt.

Sy het vertel dat sy en Jadian op 11 September 2020 ‘n Cupcake-funksie gehou het sodat Baby G, die eerste baba wat JIT ingeneem het, vir haar vyfde verjaarsdag na die Ijump-trampolienarena toe kon gaan.

Die Mnr Randfontein-veldtog vereis dat deelnemers onder andere liefdadigheidsfunksies moet hou, en omdat Just in Time vir ons spesiaal is, het ons besluit om aan te hou om hulle te ondersteun.

“Just in Time is ‘n niewinsgewende organisasie wat slegs staat maak op borge om hulle deure oop te hou. Geen kind verdien om daaglikse benodighede kort te kom nie en ons kan ook nie verwag dat Georgina dit als alleen moet doen nie. Ek glo aan die gesegde it takes a village to raise a child, dis waarom ek help waar ek kan,” het Marise verduidelik.

Marise en haar seun verkoop oulike kolwyntjies vir ‘n goeie doel. Foto: Michelle Roodt.

Sy het vertel dat Just in Time alle moontlike hulp nodig het, en dat elke bietjie ‘n verskil maak. Sy doen ‘n beroep op die publiek om ‘n kolwyntjie ten bate van JIT te koop wanneer sy en Jadian op 31 Oktober 2020 hul kolwyntjies by Tambotie Mall gaan verkoop.

Marise bak en versier elke kolwyntjie self, en alle gelde word direk aan Georgina oorhandig. “Ek hou bewyse van alle aankope en verkope”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button