Local newsNews

Hindernisse om sterk te word

Mandie neem al die afgelope vyf jaar aan hindernisbaanwedlope (OCR) deel en spog met haar eie fasiliteit waar sy ander in die sport afrig.

Mandie Landsberg het ‘n passie vir hindernisbaanwedlope (obstacle course racing – OCR).

Sy fokus nou daarop om die sport te laat groei.

Sy het haar onderneming, 4 Strong Fitness OCR sewe maande terug, net voor die inperking, amptelik geregistreer as ‘n fasiliteit waar kardiokrag-, kondisionerings- en uithouvermoë-oefeninge gedoen word.

Mandie, 38, het vertel dat sy nog altyd lief was vir sport asook die buitelewe, en het vyf jaar gelede vir die eerste keer aan die Jeep Warrior Race deelgeneem as ‘n familiespanbou-aktiwiteit.

Na al die pret het sy uit nuuskierigheid teruggegaan om die Black Ops Elite-atlete te sien deelneem en daar het sy besluit dat sy ook OCR wil ervaar en kyk waartoe sy in staat is.

“Ek was stomgeslaan om te sien waardeur hierdie superatlete geestelik en fisies gaan en nooit tou opgooi nie. Deur hul ongelooflike wilskrag en deursettingsvermoë is hulle nie bereid is om hul DQ-band (diskwalifiseringsarmband) prys te gee nie.”

Mandie het vertel dat sy drie maande later haar eerste Elite-wedloop aangepak het.

Ek het soveel hoogtepunte in my loopbaan bereik – in Suid-Afrika asook by die OCR Wêreldkampioenskappe. Ek het bo verwagting goed presteer en wil nou graag die sport laat groei.”

Sy het vertel dat OCR ‘n internasionale sport is waar die deelnemers verskillende afstande hardloop, asook verskillende hindernisse aanpak waar hulle moet klim, hardloop, kruip, hang, swem en swaar voorwerpe dra.

“Iemand hoef nie reeds fiks te wees om die sport te begin beoefen nie. Dit hang af van wat jou doel is en hoe ernstig jy die sport wil benader.” Sy het verduidelik dat as mens ‘n paar basiese beginsels onder die knie het, behoort jy jou vordering te kan toets deur byvoorbeeld aan spanbou- en gesinsaktiwiteite deel te neem. Dié wat egter reeds fiks en sportief is behoort baie vinnig vordering te kan sien as hulle ernstig oor die sport is.

“Jy moet ‘n sterk wilskrag hê asook realistiese doelwitte stel, en van daar af sal jy jouself net verbaas met waartoe jy in staat is.”

Mandie Landsberg in aksie. Foto: Michelle Roodt.

Sy het vertel dat OCR ‘n goed gebalanseerde sport is wat nooit vervelig is nie.

Jy kan hoe goed voorberei, dit sal altyd ‘n uitdaging wees omdat elke wedloop anders is omdat die terrein en hindernisse altyd verskil. Jy kan nie wag vir die volgende wedloop nie, want jy wil nog beter vaar.”

Sy wil graag aan mense bewys dat mens altyd ‘n verandering kan maak om meer gesond te wees, ongeag waartoe jy dink jy in staat is.

Mandie is gemotiveerd om fiks te bly omdat sy weet dat as sy hard werk, sy die resultate sal sien. “Daar is niks wat jou so van ‘n moeilike dag laat vergeet soos ‘n goeie hardloop- en oefensessie nie, en die gevoel daarna is net so lonend.”

Sy raai mense aan wat wil voorberei om aan OCR deel te neem om minstens 5km te draf, arm-, been- en maagoefeninge te doen en aan hul greep te werk om sterk genoeg vir armhange te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button