Local newsNews

Nuwe gesigte deel van Riebeeckrand-familie

Die skool het in Oktober vir Alex Wray, Marius van Zyl en Bertus Denysschen tot hul beheerliggaam verkies.

Hoërskool Riebeeckrand het met trots drie nuwe name tot die Riebeeckrand-familie gevoeg toe hulle hul nuwe beheerliggaamslede verwelkom het.

Die skool het in Oktober vir Alex Wray, Marius van Zyl en Bertus Denysschen tot hul beheerliggaam verkies.

Alex Wray. Foto: Elzeri Wright.

Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het vertel dat Alex as die beheerliggaam se nuwe voorsitter verkies is, en bygevoeg dat hy opgewonde is oor dit wat voorlê. Hy wil verdere hoogtes saam met die skool bereik wanneer hy saam met die Riebeeckrand-familie die skool help bestuur.

Bertus Denysschen. Foto: Elzeri Wright.

“Die beheerliggaamslede word sterkte toegewens vir die termyn waarin hulle op die beheerliggaam dien,” het Elzeri gesê, en beklemtoon dat Riebeeckrand uitmuntende mense het wat hul skool bestuur en leiding gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button