Local newsNews

Kankerdag vir bewusmaking in Toekies

Die span het sommer vroeg die oggend begin en het reeds van sesuur af pienk strikkies vir mans en vroue aangesteek.

Bekende Toekomsrus-inwoner, Koekie Alie en ‘n groep vroue wat saam met haar vir die gemeenskap kos maak, het op Donderdag, 22 Oktober, hul jaarlikse Kankerdag-funksie gehou.

Die span het sommer vroeg die oggend begin en het reeds van sesuur af pienk strikkies vir mans en vroue aangesteek. Die strikkies was ‘n simbool van die mense wat hulle verloor het as gevolg van kanker, en ook van dié wat tans ‘n stryd teen die siekte voer.

‘n Bekende Toekomsrus-inwoner, Koekie Alie en ‘n groep staatmakervroue het ‘n Kankerdag-funksie gehou. Foto: Ingestuur.

Volgens Koekie is die funksie wat sy en die groep vroue elke jaar by die hooftaxihalte in Toekomsrus hou, nie net aangebied omdat dit Kankerdag was nie, maar ook omdat van haar eie familielede kanker het..

“Mense wat aan kanker ly, lê my baie na aan die hart,” het Koekie vertel.

Sy het verduidelik dat die span ook met almal gesels het oor die verskillende tipes kanker, en hulle aangeraai om hulself gereeld te laat toets.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button