Local newsNews

‘n Liefdevolle huis vir Sputnik

Tydens haar eerste ontmoeting met Sputnik het Mari besef dat Sputnik nie die mooiste kat daar was nie, maar vir haar het dit nie gegaan oor hoe sy lyk nie maar oor haar persoonlikheid.

Sputnik, die groenoogkat van Cast Aways Animal Sanctuary wat ‘n liefdevolle huis gesoek het, is aangeneem.

Mari Vink, Sputnik se nuwe eienaar het vertel dat sy nog altyd lief is vir diere soos skilpaaie, meerkatte, apies, katte en honde. Die oomblik toe sy die artikel oor Sputnik in die plaaslike koerant gesien het, het sy geweet dat Sputnik ‘huis toe’ moet kom.

Tydens haar eerste ontmoeting met Sputnik het Mari besef dat Sputnik nie die mooiste kat daar was nie, maar vir haar het dit nie gegaan oor hoe sy lyk nie maar oor haar persoonlikheid.

“Oor die afgelope paar dae het ek daagliks besef dat my keuse perfek was, en dat Covid-19 beslis beter gaan wees met Sputnik wat nou deel is van die familie,” het sy vertel.

Sy was verbaas dat Sputnik, wat net ‘n skuilinglewe geken het, ongelooflik vinnig aangepas het, en kon haar kleinkind nie vir ‘n oomblik uitlos nie.

Mari het vertel dat die naam Sputnik afgelei is van ‘n Russiese woord wat metgesel beteken, en dat Sputnik beslis ‘n metgesel gaan wees – nie net vir Mari nie maar ook vir die res van die familie.

“Deur ‘n dier aan te neem by een van hierdie instansies eerder as om een te koop, spaar jy ‘n lewe en daar kan plek gemaak word vir nog ‘n dier by daardie instansies.”

Mari raai mense aan om ‘n dier aan te neem eerder as om een te koop, want dit help meer as net die dier wat aangeneem word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button