MunicipalNews

‘Ek kan nie by my seun se graf uitkom nie’ – inwoner oor toestand van begraafplaas

Die Greenhills-begraafplaas is duidelik en steeds na baie jare in 'n haglike toestand.

Die Greenhills-begraafplaas is steeds na baie jare in ‘n haglike toestand.

Die grafte is so toegegroei deur onkruid en gras dat jy nie eers vir jou geliefdes kan gaan kuier nie. Selfs jou voertuig word gekrap as jy binne rondry, en dan praat mens nie eers van die erge stank nie. Boonop word grafte gevandaliseer en diefstal is ‘n groot probleem.

Hoe kan die geliefdes wat hier lê in vrede rus? Net omdat hulle nie meer saam met ons op aarde is nie, beteken nie dat hulle in sulke omstandighede moet rus nie.

Die riool wat by die pad af loop. Foto: Michelle Roodt.

Lees ook: Greenhills-begraafplaas gaan al hoe verder agteruit

‘n Bekommerde inwoner van die dorp, Gert Holtzhausen, het vertel dat die toestand van die Greenhills-begraafplaas pateties is.

Ek woon reeds sedert 1983 in Randfontein en elke jaar gaan die begraafplaas net verder agteruit, veral weens die riool wat in die pad af loop,” het Gert gesê.

Hy het vertel dat die riool so erg is dat nie eers ‘n lykswa daar kan ry nie. “Jou kar skuur teen die gras wat in en langs die pad staan, en die grafte is net so onversorg.”

Die gras en bosse is so lank dat die grafstene nie gesien kan word nie. Foto: Michelle Roodt.

Gert glo hy dat die instandhouding gedoen kan word omdat die belastingbetalers elke maand daarvoor betaal. Sy seun is in die Greenhills-begraafplaas ter ruste gelê, en hy kan nie eers by die graf uitkom om blomme daarop te plaas nie.

Dit is vir ons baie moeilik. Dit is boonop gevaarlik want jy weet nie wie sit in die bosse vir jou en wag nie.”

Raadslid Sina Erasmus het vertel dat sy die bestuurder van die Parke-afdeling gebel het en dat hulle belowe het om volgende week grassnyers en ander toerusting te gaan kry.

Die heining van muur word gereeld af gebreek en gesteel. Foto: Michelle Roodt.

“Hulle gaan kom skoonmaak met ‘n trekker waar hulle kan ry, en die ander toerustig gebruik om skoon te maak,” het Sina vertel. Sy het gesê dat sy hulle gaan monitor of hulle woord hou, omdat dit nie net die begraafplaas is wat so verwaarloos word nie, maar die hele Randfontein.

Ons is gefrustreerd want die hele dorp groei toe onder onkruid en gras, en ons is moeg vir die verskonings.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button