Local newsNews

Gemeente stap vir Jesus

153 Bediening het gaan stap om bewustheid te skep van God se genade en liefde.

153 Bediening het onlangs hul tekkies aangetrek en in ‘n groot groep gaan stap vir Jesus.

Die gemeente het op Sondag, 12 September hul Walk for Jesus-bewusmakingsveldtog gehad.

153 Bediening het onlangs ‘n Walk for Jesus gehad. Foto ingestuur.

Die organiseerder, pastoor Barend Kotze het gesê dat hulle van Tambotie Mall tot by Life Robinson Privaat Hospitaal en terug gestap het.

“Dis tyd dat ons opstaan vir ons geloof en mense bewusmaak dat God nog steeds dieselfde God is wat genees, verlos en herstel,” het hy gesê.

“Attie Jonker se spreekwoord nog al die jare is ‘doen dit, doen dit net!’ en daarom het ons besluit om voort te gaan.”

Die bediening bedank graag vir pastoor Baba Dippenaar wat die baniere gemaak het, en elkeen wat saam geverf en gestap het.

153 Bediening het onlangs ‘n Walk for Jesus gehad. Foto ingestuur.

“Ons wil ook baie dankie sê vir Randfontein se verkeersafdeling, die verkeershoof en personeel vir hul hulp en bystand met die stap.

“Hier by 153 Bediening groei, bid en lag ons saam.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button