Vrou gee geboorte en swaer moes help
'n Familie se weeksoggend het vroeg in 'n noodsituasie van epiese proporsies verander toe 'n man sy skoonsuster moes help om haar baba die wêreld in te bring – by sy huis, op sy bank.
Norman Nortje van Randgate het nooit gedink dat hy vroeg Dinsdagoggend 12 Oktober sou wakker word om sy skoonsuster Anja Coetzee se baba in die wêreld in te help nie.
Hierdie gebeure wat jy dalk slegs op televisie en in films sal sien, het afgespeel nadat Attie Nortje en sy vrou Anja op Maandag, 11 Oktober by sy broer Norman Nortje en sy vrou Tanya gaan kuier en oorgeslaap het.
Ongeveer 02:10 het Anja begin kontraksies kry en teen 04:15 het sy vir Attie gesê sy dink die baba is op pad.
Met almal in skok het Norman besef dat as hy nie dadelik iets doen nie, die ongebore Paul dit dalk nie sou oorleef nie – en net daar in Norman-hulle se huis, op ‘n matras in die sitkamer is klein Paul gebore. Hy het 3,22kg geweeg en ma en baba is gesond.
Lees die Herald se 29 Oktober-uitgawe vir ‘n eksklusiewe onderhoud met nuwe mamma Anja en oom Norman.



