Local newsNewsUpdate

Gedenkdiens in die opelug vir ons kragman

Die tyd en datum van die gedenkdiens vir wyle Johan Coetzee, 'n kragman, geliefde pa, broer en vriend asook 'n lid van die bekende Coetzee-familie in Randfontein is bevestig.

Familie het bevestig dat ‘n gedenkdiens vir voormalige inwoner en onder andere Afrika Sterkman-titelhouer, Johan Coetzee in die opelug op 24 November in Randfontein gehou sal word.

Lees ook: Randfontein’s once strongest man loses battle with Covid-19

Volgens een van Johan se susters, Elize Wessels, sal die gedenkdiens om 11:00 by die Oval-dam plaasvind. Pastoor Des sal die diens behartig.

“Alle vriende en familie is welkom,” het Elize gesê.

Johan het op 24 Julie op 59-jarige leeftyd sy lang stryd teen Covid-19 verloor. Hy was 22 dae lank in die intensiewesorgeenheid. Sy vrou, Marianne, was ook vyf weke lank in die hospitaal. Sy het van die siekte herstel.

Johan is op 11 Maart 1962 as die seun van oom Hendrik en tannie Lillie Coetzee gebore. Hy was ‘n lid van die bekende Coetzee-familie in Randfontein, en die broer van Deon en Anton Coetzee van die Randfontein Oval-baan en Speedpro, asook van Elize, Welma Herbst en Rika Lubbe. Johan het in 1980 aan die Hoërskool Jan VIljoen gematrikuleer. In 2004 het hy Kaap toe verhuis en in Bellville gaan woon.

Johan Coetzee in sy element as kragman. Foto ingestuur.

Met talle hoofopskrifte soos ‘Kragtig’, ‘Strong and determined’, ‘Randfonteiner pak kragrekord aan’ en ‘Strongest man in Africa’ in talle Herald– en ander nuuspublikasies was Johan se reputasie in die 1990s duidelik.

Hy was boonop die Afrika Sterkman, het aan verskeie Sterkmankompetisies deelgeneem en was `n gereelde deelnemer by onder
andere die Randfontein Skou. Van sy trotsste oomblikke in die sport was toe hy ‘n tweede plek tydens die SA Sterkmankompetisie in 1991 verower het en as kampioen van die Wes-Rand Kragmankompetisie in 1990 en 1991 gekroon is. Hy was ook ‘n lid van Health Connextion Gym in Randfontein, en het op die kruin van sy sportloopbaan tussen 130kg en 145kg geweeg.

Behalwe vir sy gewildheid as kragman was hy as lidmaat van die Lewende Woord Gemeente in Parow ook baie betrokke by sendingwerk regoor die wêreld.

• Navrae: Skakel vir Elize by 082 760 1770 of Deon (Johan se oudste broer) by 081 513 9146.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button