‘Ons is hier vir julle’ – GPF Sektor 5
Die Sektor 5 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het onlangs hul nuwe bestuur gekies en bekendgestel.
Die Sektor 5 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het onlangs hul nuwe bestuur gekies en by Clan Doyle in Loumarina bekendgestel.
Voorsitter Henry Boyce het vertel die top manne van Sektor 5 is Jan Roestorff, die patrolleerderkoördineerder; en Shepherd Viriri, hul ondervoorsitter.
Hulle gebied dek Bootha Plotte, Loumarina, Ooster en Randridge.
Henry is in die tweedehandsegoedere-bedryf en hy het besluit om deel te raak van die GPF omdat hy daagliks gehoor en sien het hoe mense navraag doen oor hul goedere wat gesteel is.

Jan is ‘n vervaardigingsbestuurder by Astore Keymak.
Shepherd werk by SDV Fresh Produce, en hulle verbou landbouprodukte in Elandsvlei en Wolvekrans vir die mark.
Met die oog op die feestyd het Henry vertel dat die inwoners hul alarms moet toets en stel voordat hulle met vakansie gaan, en hulle moet vir iemand vra om gereeld elke dag vir hul diere kos en water te gee.
Hy het ook vertel dat die mense ook hul binne- en buiteligte moet aansit sodat dit lyk of daar mense by die huis is.



