Local newsNews
Nog van GPF Sektor 5-lede (Vleikop-area) gekies om dorp veilig te hou
Die Sektor 5 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het onlangs nog nuwe bestuurslede gekies en bekendgestel.
Met die feestyd in die lug het die Sektor 5 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) nog nuwe bestuurslede aangewys en bekendgestel. Hulle bedien gebiede soos Vleikop, Rikasrus, Dennydale, Bloubank en Elandsfontein.

Hulle is voorsitter Gunther Herrmann, Fanie Botha (patrolleerderkoördineerder) en Riaan Gouws (ondervoorsitter).

Saam met hierdie drie lede is daar ook Doreen Herrmann (tesourier), Nanine Greyling (assistentsekretaris) en Johandrè Lubbe (sekretaris) wat saamwerk om hul dorp ‘n veiliger plek te maak om in te woon.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



