Local newsNews

GPF-bedryfskoördineerder se geliefde Champie dood

Champie, die vyfjarige bruin-en-wit pekinees wat bekend was onder die gemeenskap, polisie en die GPF-patrolleerders is onlangs skielik dood.

Henry Boyce, die GPF-bedryfskoördineerder moes onlangs tragies afskeid neem van sy geliefde sielsmaat, Champie wat op Sondag, 2 Januarie dood is.

Champie, die vyfjarige bruin-en-wit pekinees was bekend onder die gemeenskap, polisie en die GPF-patrolleerders.

Ek sukkel verskriklik, my maatjie is dood, my vriend is dood, my sielsmaat is dood … wat moet ek doen?” het Henry hartgebroke gevra.

Hy het vir Champie beskryf as sy skaduwee; hy was oral saam met hom, en wanneer Henry vir Champie gesê het dat daar moeilikheid was en dat hulle steel, het hy nie een dag bly lê nie.

“Ek kry honderde boodskappe en oproepe … almal het hom geken. Die polisie het hom geken.. hy het in die polisievoertuie gery. Ons het hoeveel keer betogings gaan doen en dan was Champie daar. Ek weet nie hoe ek sonder my hond sal aangaan nie … mense verstaan dit nie.”

Lees die volledige berig in volgende week se Herald.

Champie was mal oor droëwors. Foto ingestuur.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button