MunicipalNews

Munisipaliteit se gat word ‘n modderdam

'As die probleem in die begin reggemaak was, dan was dit nie nou 'n probleem nie'. — inwoner.

Drie gate wat nooit herstel is nie, het basies in ‘n modderdam in die pad voor die Engelbrecht-gesin se huis in Tierstraat ontwikkel.

Op die Herald se voorblad van die 17 Junie-uitgawe was daar ‘n foto van Sylvester Engelbrecht wat by ‘n groterige gat in die pad gestaan het, maar daardie gat is nou nog groter.

Lientjie Engelbrecht het verduidelik dat die munisipaliteit oorspronklik die gat gegrawe het, maar dat dit al hoe groter en vol water geraak het.

Ek het met die raadslid gepraat en daar is gereël dat die water weekliks uitgepomp sou word want dit bou op en dit druk in ons erf in. Ons huisfondasie is besig om te sak.”

Hul muur het gekraak, die trampolienput bly vol vrot water wat nog steeds uitgepomp moet word, en die grasperk bly permanent nat.

Lientjie Engelbrecht by die massiewe gat. Foto: Michelle Roodt.

“My groot bekommernis is dat skoolkinders elke dag hier verbyloop en as iemand hier inval is hulle dood. Jy gaan dit nie eers weet nie want die water is so vuil. Jy kan niks sien nie en ek is ook bang vir my eie tweejarige se veiligheid.”

Dit is nie net ‘n veiligheidsrisiko nie, maar ook ‘n gesondheidsrisiko. Hul honde drink die aaklige water.

Wie gaan vir ons skade betaal? Nie ek nie want dit is nie my skuld nie. As die gemors ses maande terug reggemaak is, was dit nie nou ‘n probleem nie. Jy kan nie behoorlik by jou erf in- en uitkom nie want daar is ‘n helse gat in die pad!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button