Municipal

Gemeenskap span saam om Greenhills op te knap

Gemeenskaplede en 'n politieke party het onlangs hande gevat om dele van die Greenhills-area op te knap tydens 'n skoonmaakveldtog.

Gemeenskapslede, saam met lede van die DA en die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het onlangs vullis in Greenhills opgetel as deel van ’n groot skoonmaakveldtog.

Volgens wykraadslid Tewie Botha is daar reeds verskeie sulke veldtogte van stapel gestuur met die doel om die strate, die Botes-ekosisteme (’n klein meer op die hoek van Tierstraat en Rietboklaan) en Riebeeckmeer skoon te maak. Hierdie inisiatief steun sterk op die vrywilligheid van inwoners.

Raadslid Tewie Botha saam Wouter en Cindy Vorster.

Botha het verduidelik dat hy beplan om voor die Desember-vakansie die Botesmeer skoon te maak sodat families dit weer kan gebruik om te ontspan.

“’n Groot uitdaging is die besoedeling van die water, wat reeds daartoe gelei het dat kolonies watervoëls, geelvinke, rooivinke en visse vernietig is. Ook die kolonie paddas, waarvan ons vroeër die pragtige paddakore kon hoor, is uitgewis,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Dominique Duvenhage

Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.

Related Articles

Back to top button