Local news

‘Dankie vir wat jy doen Oom Piet’

As almal saamstaan, dan kan die gemeenskap soveel meer vermag, want Oom Piet kan dit nie alleen doen nie. – Skoolhoof

‘n Welbekende inwoner van Randfontein, Piet Lottering, oftewel Oom Piet, was keelvol van slaggate waaraan niks gedoen word nie. Hy het sy eie fondse aangewend en met sy span aan die werk gespring, gate begin opvul en gaandeweg die paaie begin verbeter. Sy puik werk het nie ongesiens verbygegaan nie.

• Lees ook: Oom Piet en span doen dit self!

Laerskool Randfontein (RAM) het op Vrydag, 19 Mei, ‘n skenking van R5 000 aan Oom Piet gemaak om hom te bedank vir al sy harde werk in die gemeenskap en om hom te help om sy werk in die dorp te kan voortsit.

Skoolhoof Leon Haupt sê Oom Piet is ‘n wonderlike voorbeeld van hoe mens jou gemeenskap kan dien, iets waaroor die skool besonder sterk voel.

Ons het na aanleiding van die Goud Fees wat ‘n baie groot sukses was, dit goed gedink om die skenking aan Oom Piet te maak en terselfdertyd help ons ook om ons paaie te verbeter.

• Also read: Resident steps in to fix more than 1 000 potholes

“Dit is ook ‘n uitdaging aan ander skole om ‘n soortgelyke skenking te maak. Teer is ongelooflik duur. Raak betrokke deur dieselfde bedrag of meer te gee sodat ons ook ons dorp se strate kan regmaak.

As almal saamstaan, dan kan ons as gemeenskap soveel meer vermag want Oom Piet kan dit nie alleen doen nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button