Local newsSchools
Vier Riebeeckrand-spanne in Goue Leeus-finaal
Vier rugbyspanne van Hoërskool Riebeeckrand sal hierdie naweek Randfontein se trots op hul skouers dra.
Hoërskool Riebeeckrand het geskiedenis gemaak nadat vier van hul rugbyspanne (o14-, o15-, o16- en eerste spanne) in ‘n eindstryd van hul onderskeie Goue Leeus Rugby Unie-liga deurgedring het.
Die reeks finaal sal op Saterdag, 22 Julie by Hoërskool Florida in Roodepoort plaasvind.

Volgens Carina Collins, Riebeeckrand-woordvoerder is dit ‘n groot eer.
“Dit is dus die eerste keer in die skool se geskiedenis wat ons soveel spanne het wat aan hierdie gesogte geleentheid gaan deelneem.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



