Local news

Munisipaliteit ontvang groot skenking van elektriese toerusting

AfriForum se Westonaria-tak maak skenking aan Rand-Wes Plaaslike Munisipaliteit.

AfriForum se Westonaria-tak het op 3 Augustus elektriese toerusting aan die Rand-Wes Plaaslike Munisipaliteit geskenk.

Die skenking bestaan uit 300 verskillende vervormbare koperbeslagpype (ferrules), isolasieband, 200 verskillende koperdraadkloue en 200 meter koperkabel.

Voorsitter van AfriForum se Westonaria-tak, Esther Swart het verduidelik die koperbeslagpype word gebruik om kabels en elektriese drade te heg en verbind terwyl die isolasieband gebruik word om die drade wat geheg is toe te draai.

“Dié tak het besluit om die skenking aan die munisipaliteit te maak aangesien die personeel altyd ’n plan moet maak om die gemeenskap te help met die bietjie wat hulle het.

“Ek wil namens die Westonaria-tak en die gemeenskap, die elektriese afdeling in Westonaria vir hulle uitnemende diens bedank. As tak sal ons sover dit in ons vermoë is altyd help waar ons kan. Saam kan ons ’n verskil maak. Nogmaals dankie.”

Die Westonaria-tak moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak. Kontak Stephanus Blignault by 081 300 6815.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button